As gevolg van Suid-Afrika se Apartheidsregime in die 1970’s en 1980’s, was baie lande versigtig om as bondgenote met die land gesien te word. Japan was een van hierdie lande. Japan was baie afhanklik van handel en dit kon nie die risiko loop om negatiewe internasionale aandag te kry nie.
Op 5 Junie 1974 het die Japannese regering aangekondig dat Suid-Afrikaners nie meer visums toegestaan sal word om Japan te besoek nie. Die aankondiging het beteken dat hulle nie aan sport-, kultuur- en opvoedkundige aktiwiteite mag deelneem nie. Die verbod het op 15 Junie 1974 in werking getree.
Bron: SAHO