Skip to main content

Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie het die saak waarby die voormalige Bok-vleuel Ashwin Willemse betrokke is, gesluit.

Willemse het in 2018 van die SuperSport-stel gestap tydens ‘n regstreekse gesprek na ‘n Superrugby-wedstryd.

Hy het sy mede-aanbieders, Nick Mallett en Naas Botha, van rassisme beskuldig.

’n Ondersoek het Mallett en Botha vrygespreek, maar Willemse het die saak na die MRK geneem.

Die SAMRK het intussen bekend gemaak dat die ondersoek gesluit is omdat Willemse versuim het om op vrae te reageer.

Leave a Reply

error: Content is protected !!