Skip to main content

Amerikaners spog graag dat hulle in die “land of the free” woon – min wetende dat dié land verreweg die meeste mense agter tralies het.

Meer as 2 miljoen (2 068 800) mense is in die Verenigde state in die tjoekie teenoor die byna 400 000 minder in China (1 690 900), beweer worldpopulation.com se 2023-verslag van tronkbevolkings wêreldwyd.

In Suid-Afrika is daar 147 922 mense in die tronk.

Selfs as mens na die aantal tronkvoels per 100 000 mense kyk, is die Amerikaners ver voor. Uit elke 100 000 Amerikaners, kap 629 klippe. Rwanda (580 per 100 000) en Turkmenistan (576 per 100 000) is onderskeidelik in die tweede en derde plek.

In Suid-Afrika is 248 uit elke 100 000 mense in die tjoekie.

Die Faroe-eilande (9), Liechtenstein (12) en Monaco (13) het die minste mense agter tralies. In San Marino is niemand in die tronk nie.

Leave a Reply

error: Content is protected !!