Skip to main content

Nog vier verdagtes sal in die hof verskyn vir ‘n huisroof op ‘n plaas in Senekal nadat hulle gisteraand deur die provinsiale eenheid vir ernstige en geweldsmisdade in samewerking met die Welkom K9-eenheid in Bronville in hegtenis geneem is.

Op 17 Mei 2023 het mnr Adames Paulus Stemmett (54), sy vrou en ‘n vriend omstreeks 20:30 by die huis gekom op The Heights Farm, Senekal. Hulle is oorval en van drie vuurwapens, juweliersware, selfone en kontant beroof.

Kort daarna is Fokotho Tlaitlai (37) in hegtenis geneem en ’n groot bedrag kontant is by hom gevind. Die beweerde wegkomvoertuig was langs die pad geparkeer, nie ver van die plaas af nie. Nthabiseng Mokwena (33) was die bestuurder en is in hegtenis geneem.

By verdere ondersoek is ‘n Uzzi-vuurwapen en voertuigsleutels van die slagoffers dieselfde nag buite die grens van die plaas gevind. Die soektog het die volgende dag voortgegaan, toe die polisie nog van die gesteelde items teruggevind het. Hulle het twee 9 mm-pistole, twee windbukse, ‘n gaspistool, kos, klere, ‘n selfoon en juweliersware gevind.

Die twee verdagtes het hul borgtogaansoek laat vaar en sal weer op 30 Junie 2023 verskyn. Inligting is ontvang dat meer verdagtes by hierdie voorval betrokke was. Die provinsiale eenheid vir ernstige en geweldsmisdade is saam met die Welkom K9-eenheid na verskeie geïdentifiseerde huise in Hani Park, Bronville. Vier verdagtes, onderskeidelik 27, 31 en 39 jaar oud, is in hegtenis geneem nadat hulle positief met die Senekal-rooftog verbind is.

Die polisie het ‘n kamerasak en ‘n geheuekaart, wat positief deur die boer uitgeken is, in hul besit gevind en daarop beslag gelê. Een van die vier verdagtes is in besit gevind van ‘n 9 mm-pistool met die reeksnommer afgevyl. Hy sal van die besit van ‘n ongelisensieerde vuurwapen aangekla word. Die vuurwapen sal ballistiese toetse ondergaan om te bepaal of dit nie voorheen in die pleging van ‘n misdaad gebruik is nie. Nog twee verdagtes is by dieselfde huise in hegtenis geneem, maar kon nie met die Senekal-voorval verbind word nie. Die bykomende gearresteerde verdagtes sal op 5 Junie 2023 in die Senekal-hof verskyn in verband met hul beweerde betrokkenheid by die Senekal-voorval.

Leave a Reply

error: Content is protected !!