Skip to main content

Warren Rhoode se lyk is op 22 April 2023 omstreeks 20:20 naby Sandelhoutstraat, Thubelitsha in Delft met veelvuldige steekwonde ontdek. Sy voertuig, ‘n swart VW Polo waarmee hy om en by die tyd van sy dood gery het, word steeds vermis, en daar word vermoed dat hy tydens ‘n rooftog, moontlik in die Delft-omgewing, vermoor is.

Indien jy kan help of enige inligting het rakende die dood van Warren Samual Rhoode (30), kontak asseblief kolonel Eddie Clark by 082 469 1531, wat die omstandighede rondom die moord ondersoek. Alternatiewelik kan Crime Stop gekontak word by 08600 10111 of die mobiele toepassing My SAPS kan gebruik word.

’n Beloning van tot R50 000-00 word aangebied aan enige persoon wat kan help met inligting wat sal lei tot die arrestasie en suksesvolle skuldigbevinding van die verdagte of verdagtes verantwoordelik vir die moord op Rhoode. Alle inligting sal vertroulik hanteer word en jy mag anoniem bly.

Foto’s van Warren Rhoode en sy voertuig is onderaan geheg vir publikasiedoeleindes.

Leave a Reply

error: Content is protected !!