Skip to main content

Die Elgin-brug in Kempton Park gaan onverpoos voort om vragmotors in te sluk.

Gisteraand het daar weer ‘n vragmotor vasgesit nadat die bestuurder die hoogte van sy trok onderskat het.

Die Waarheid het Maandag berig oor die brug oor ‘n hoof-toevoerroete na die westelike voorstede van die stad. Ingeligte mense waarmee Die Waarheid gepraat het, meen onkunde oor vragmotorhoogtes onder bestuurders is die groot rede vir die probleem. Daar is by die brug ‘n bordjie wat die maksimum-hoogte duidelik aandui.

Leave a Reply

error: Content is protected !!