20 jaar gelede het ‘n droom waar geword toe ‘n nat-agter-die-ore Bosvelder besluit om sy eerste liedjie, THIS MORNING, in ‘n ateljee in Johannesburg op te neem. Die enkelsnit is onder leiding van Bernie Millar, met ondersteuning deur Glenda Sixel en Sandy Robbie (beide van Clout-faam), voltooi. Iets in die produksie het vasgesteek in iemand se kop wat voorgestel het: “Probeer die liedjie in Afrikaans…”
Wat gevolg het is ‘n 2 dekade lange wipwaentjierit met hoogtepunte soos vier #1 treffers, ‘n verskying in kykNET se “Die Van Coke Show” en ‘n Afri-Indie nominasie vir die onlangse treffer PYN (ft Kaley).
Met die Suid-Afrikaanse PR koningin en ikoon, Lydia Winchester, nou agter die PR van die rocker, is die feesvieringe van popmusiek so soetsappig soos kraakvars koeksisters. Ontdek waar alles begin het met die eksklusiewe EPK vir Egmond se opkomende trefferalbum KOEKSISTER POP.