Skip to main content

Apatie is wanneer daar ‘n gebrek aan emosie is, en dit gewoonlik by mense ‘n teken van depressie.

In 2013 het ‘n trop bobbejane wat in die Emmen-dieretuin in Nederland aangehou word, bisarre gedrag getoon. Waar hulle gewoonlik tipiese gedrag soos speel, of hul opsigters luidrugtig verwelkom het wanneer hulle kos bring, of selfs soms baklei het, het hulle op ‘n dag net skielik almal stil gesit. Dit het begin by ‘n paar bobbejane in ‘n boom en die apatie het uiteindelik onder almal versprei.

Die opsigters het ook dieselfde gedrag by hierdie trop in 1994, 1997 en 2007 waargeneem. Wat ongewoon was, was dat die bobbejane almal roerloos gesit en in dieselfde rigting gegkyk het. Hulle het ook nie geëet nie.

Mettertyd het die trop uit hul ‘beswyming’ gekom en weer soos, wel, bobbejane begin optree.

Tot vandag toe weet wetenskaplikes nie wat juis by dáárdie dieretuin met daardie trop bobbejane gebeur nie.

Leave a Reply

error: Content is protected !!