Vyf mense is op slag dood en drie ander ernstig beseer in ‘n oënskynlike kop-aan-botsing wat vroeg Vrydagaand op die R75 in die rigting van Jansenville, ongeveer 1 km vanaf die R336/R75 T-aansluiting na Glenconnor, plaasgevind het.
Twee bakkies, ‘n wit Isuzu en ‘n H100 Hyundai-bakkie, was betrokke in die ongeluk. Vyf mense is op die toneel dood terwyl 3 ander persone, 2 vrouens en ‘n man, na die Provinsiale Hospitaal in Kariega vervoer is. In hierdie stadium is dit onduidelik hoe die ongeluk plaasgevind het.
Die oorledenes se name sal bekend gemaak word sodra die lyke uitgeken is.
Die polisie ondersoek ’n saak van strafbare manslag.