Skip to main content

Die ouers van die voorlopige Tariomix-likwidateur Vaughn Victor het verlede week in die Bloemfonteinse streekhof verskyn op aanklagte wat geldwassery, bedrog en diefstal insluit.

Vaughn Victor snr en sy vrou, Maria Magrietha Catharina, staan saam met Christopher Surtees en Benjamin Vermeulen tereg op 71 aanklagte. Byna R30 miljoen is betrokke.

Die klagtes spruit uit die bestuur van die sake-entiteit Rohallion. Vaughn Victor snr van die plaas Biesiesfontein naby Wepener, word op 34 aanklagte van bedrog, 34 aanklagte van geldwassery, belastingontduiking en die diefstal van meer as R28 miljoen aangekla.

Hy het na bewering volle beheer oor die bankbedrywighede en bestuur van Rohallion gehad.

Maria staan tereg op twee aanklagte van bedrog en twee van geldwassery.

Die saak is tot Junie uitgestel.

Leave a Reply

error: Content is protected !!