Skip to main content

Misdaadtoneelkenners fynkam steeds die toneel in Constantia waar die liggame van vier mense gisteroggend ontdek is. Die liggame van twee vroue en twee mans, wat na raming tussen 40 en 50 jaar oud is, het skietwonde opgedoen. Die slagoffers is glo van Bulgaarse afkoms.

Die polisie is na die misdaadtoneel ontbied nadat die ontdekking gemaak is. Die motief vir die veelvuldige moorde moet nog vasgestel word, met speurders hard aan die werk op soek na leidrade. Speurders van ernstige en gewelddadige misdaad het ‘n ondersoek na die moorde begin.

Enigeen met inligting word gevra om die onderstaande nommer te skakel.

Kolonel Andrè Traut

083 300 1752

Leave a Reply