Skip to main content

Die Roesvlekkat (Prionailurus rubiginosus) is een van die katfamilie se kleinste lede. Hierdie bedreigde spesie kom slegs in Indië, Sri Lanka en Nepal se bladwisselende woude, beboste grasvelde, dorre struikveld en klipperige heuwelhange voor.

Jong roesvlekkat

Roesvlekkatte is kleiner as huiskatte, het skraal lywe en lyk soos ‘n miniatuur luiperd. Hul name kom vanweë die streep oor hul borskaste wat lyk of dit geroes is.

Roesvlekkat vs huiskat

Dié nagdiere is alleenlopers, en bly meestal in bome en merk ook hul gebiede met uriene nes ander katte doen.

Leave a Reply