Skip to main content

Polina Skorik, Rusland se kortste tienermeisie, het klaargemaak met skool en wil verder studeer, het die Koersk-streek se ministerie van onderwys aan die media gesê.

“Vandag het die kleinste jong vrou in Rusland, Polina Skorik, hoërskool gegradueer. Sy het die 11de graad van die … sekondêre skool in die Glushkovo-distrik van Koersk-streek voltooi,” het die ministerie berig.

Skorik, 17, is net 80 sentimeter lank en is die enigste bekende geval in Rusland van anauxetiese displasie – ‘n seldsame afwyking wat gekenmerk word deur uiterste dwerggroei en ander skeletale abnormaliteite. Die siekte gaan ook soms gepaard met ligte intellektuele gestremdhede.

Ten spyte van haar toestand, het die skoolhoof egter aan Russiese media gesê die tiener het geen besondere probleme ondervind tydens haar skoolloopbaan nie, en dat haar klasmaats haar altyd gehelp het. Daarbenewens, aangesien dit vir Skorik moeilik is om tussen klaskamers te beweeg, het die skool vir haar klas ‘n vaste kamer aangewys om in te leer, het die skoolhoof bygevoeg.

Skorik is nou van plan is om vir ‘n korrespondensiekursus in te skryf om bestuursvaardighede aan te leer, maar stel ook belang in teater, nadat sy ‘n rol in ‘n Russiese TV-reeks gespeel het.

Fotokrediet: Baza

Leave a Reply