George April
Alhoewel die egpaar en hul kinders al meer as ses jaar op die plaas woon, het hulle kans tot die einde Mei, dan moet hulle huis leegmaak.
Dit net omdat Jaqueline Jordaan ‘n aanrandingsaak teen een van die mede-eienaars van Langrietvlei, ‘n plaas naby Hopefield, gaan maak het. Die Waarheid het onlangs berig oor die vrou wat weggewys was by Laaiplek polisie omdat sy ‘n klag teen Ruben Kotze wou maak. Sy het egter geweier om die saak te laat vaar, en het die Maandag weer na Laaiplek geryloop om ‘n saak te maak.
Kotze het Vrydag alleen in die Hopefield hof verskyn, en hy is gewaarsku om volgende maand terug te wees. Volgens Jordaan, wat ook by die hof was, het sy ‘n sms van die polisie gekry dat sy ook in die hof moet wees.
Die media was by die hof toe die staatsaanklaer Jordaan inlig dat sy eers op 20 Junie in die hof moet wees.
“Almal is te bang om sake te maak, want hulle kan hulle werk en soos ons nou, hul woning verloor,” het Jordaan vertel.
Ruben Kotze was verlede maand toegesluit vir die aanranding op Jordaan. Hy was toegesluit nadat hy Jordaan blykbaar gewurg en met die kop geslaan het. Dit was omdat sy ontevrede was dat hy haar 12 jarige dogter gevloek het.
“Die saak is na Hopefield verwys, en Kotze was in hegtenis geneem. Toe maak hy sommer ‘n aanrandingsaak teen my, en boonop is ek met R2 500 beboet omdat ek Kotze konsuis aangerand het.”
Intussen het Dawid Kamfer, een van ICOSA se politieke leiers ‘n klag ingedien omdat die polisie by Laaiplek Jordaan die eerste keer weggewys het.
Intussen beplan ICOSA om binnekort ‘n memorandum in Kaapstad aan die Nasionale Minister van Polisie te gaan oorhandig. Dit gaan oor beweerde mishandeling van plaaswerkers op plase, en die weiering van polisielede om sake te open, en te laat ondersoek.
Kamfer het gesê: “Dis mos onaanvaarbaar; plaasmense het ook regte, en voorvalle van plaaswerkers wat mishandel, of onwettig afgesit word van plase, word nou ‘n algemene tendens.