Skip to main content

As jy ‘n Vespa langs ‘n P.50- of ‘n Trident-mikromotor sou parkeer, sou jou bromponie groter wees as beide voertuie.

Hierdie piepklein karretjies dateer uit 1962 en is in Peel op die Isle of Man gebore. Cyril Cannell, ingenieur, stigter en eienaar van Peel Engineering was in vervoering oor veselglas, en siedaar! ‘n Ultraligte, ultrakompakte voertuig!

Die P.50 het eerste die lig gesien as ‘n driewiel, eensitplekmodel wat net minder as vier en ‘n half voet lank is. Sy opvolger, die Trident, kon darem twee mense akkommodeer mits hulle nie oormatig vet of groot is nie. En boonop pas hierdie miniatuur voertuigies in hysbakke.

Daar is slegs 50 P.50’s en 80 Tridents gebou tussen 1962 en 1966. As jy een van die gelukkige huidige eienaars van ‘n P.50 sou wees, sou jy gemaklik meer as $170 000 daarvoor kon kry.

In 2010 het meer moderne P.50 karretjies die lig gesien wat op ‘n haar nes die oorspronklikes lyk van buite af, en is in 12 kleure beskikbaar.

Iets wat ook ongelooflik is, is dat een van die karretjies deur ‘n persoon bestuur is wat ses voet nege duim lank was, en ‘n ander een het ‘n mens wat 136kg weeg, gemaklik gedra.

Die oorspronklike P.50 het ‘n 3 cu in (49,2 cc) DKW-enkelsilinder-enjin gebruik, wat hom ‘n topspoed van ongeveer 37 mph (60 km/h) gegee het, en was toegerus met ‘n driegang-handratkas wat geen trurat gehad het nie.

Leave a Reply