Skip to main content

’n 34-jarige man is Sondag deur die Suid-Afrikaanse polisie in hegtenis geneem vir die verspreiding van pornografiese foto’s waarop die gesigte van president, Cyril Ramaphosa, die minister van polisie, Bheki Cele, asook sy vrou s’n, pryk.

Die foto’s het oral op sosiale platforms begin opduik.

“Die beelde is aan polisiebeamptes en lede van die publiek op sosiale media-platforms versprei. ’n 34-jarige verdagte is opgespoor en in hegtenis geneem in Azalea, Pietermaritzburg, en die foon wat na bewering gebruik is, sowel as SIM-kaarte, is in sy besit teruggevind,” het Philani Nkwalase, polisiewoordvoerder, gesê.

Die man sal binnekort in die Pretoria-landdroshof verskyn aangesien hy Artikel 19 van die Wet op Kubermisdade van 2020 oortree het.

Leave a Reply