Soos die meeste van ons bewus is, is daar ‘n groot moontlikheid dat die land ‘n algehele kragineenstorting kan hê.
Wat beteken dit?
Volgens die ingenieurs by die kragnutsdiens is die minimum tydperk vir die elektrisiteit om weer aan te skakel ná ‘n algehele ‘n ineenstorting 14 dae.
Die algemene reaksie van mense – wanneer hulle gevra word hoe hulle vir ‘n stroomonderbreking sal voorberei – is, “kry ‘n omskakelaarstelsel of kragopwekker”, sê Stephanus Lourens van Vuuren op Facebook.
Alhoewel dit dalk ‘n tydelike oplossing is om jou ligte aan te hou, moet mense die volgende besef:
Statistieke toon dat dit ná ‘n nasionale verduistering oor die algemeen 48 uur neem voordat mense die strate invaar. Die gevolge van ‘n algehele kragineenstorting, is soos volg:
*Banke, insluitend OTM’e, sal nie werk nie.
*Selfone sal nie werk nie (seltorings).
* Vulstasies sal nie werk nie.
* Rioolpompe sal ophou werk.
*Watertoevoer na krane sal tot stilstand kom.
*Vars kos-items by supermarkte en huise sal vrot word.
*Plundering sal begin gebeur, misdaad sal buite beheer wees en die polisie sal nie wet en orde kan handhaaf nie.
*Honger sal desperaatheid veroorsaak. ‘Goeie mense’ sal ‘jagters’ word net om vir hul gesinne te sorg.
*Hospitale sal ophou funksioneer.
*Alle verkeersligte sal ophou funksioneer.
Ek is nie so seker dat jou “omskakelaar of kragopwekker” die oplossing vir bogenoemde sal wees nie.
Dit is beter om voorbereid te wees en dit nie nodig te hê nie, as om dit nodig te hê en nie voorbereid te wees nie.
Wat is die moontlike oplossings vir hierdie scenario?
Opsie 1: Verlaat die stadsgebiede.
*Maak seker jy het basiese rantsoene vir ongeveer 3 maande. Dit sluit kosvoorrade en toiletware in.
*Basiese kampbenodigdhede vir kamp opslaan.
* Hou ‘n bietjie kontant byderhand.
*Maak altyd seker dat jou tenk vol is en dat jy ook ekstra brandstof gestoor het.
*Maak seker jy het alternatiewe vorme van kommunikasie. (tweerigtingradio’s ens.)
*Hou ‘n paar basiese mediese voorrade en oorlewing-items in ‘n sak wat gepak en gereed is.
*Druk kaarte van moontlike uitgangsroetes. Laat jou gesin bewus wees van die moontlikhede en ‘n noodplan.
*Indien moontlik, verlaat die stede so gou as moontlik en slaan kamp op in ‘n omgewing met vars watertoevoer, verkieslik weg van enige dorp of plakkerskampe af.
Opsie 2: Versterk jou gemeenskapsentrum met die volgende:
*Waarsku alle kerke en gemeenskapsverenigings om ‘n plan te hê. Raadpleeg buurtwagte ens.
*Maak seker jou gemeenskapsvenue het vars drinkwater.
*Stel ‘n alternatiewe rioolstelsel op.
*Verseker dat daar voedselrantsoene vir die gemeenskap is.
* Kragopwekker of omskakelaarstelsel sal benodig word vir ligte, pompe ens.
*Veiligheids- en sekuriteitsmaatreëls moet ingestel word.
* Weet waar alle bejaardes en siek mense in die gemeenskap is.
Bogenoemde is ‘n paar baie basiese dinge om mense bewus te maak van die moontlike dreigende krisis.
Mag die Almagtige ons almal lei en beskerm.
(Deel asseblief met almal wat by hierdie basiese advies kan baat.)