Skip to main content

Die Amerikaanse tegnologiereus Meta is met ‘n rekordboete van €1,2 miljard (R25 miljard) getref vir die oordrag van die persoonlike data van Europese gebruikers na Amerikaanse bedieners.

Volgens die Ierse Databeskermingskommissie, wat Meta se bedrywighede in die EU monitor, het die maatskappy die blok se Algemene Databeskermingsregulasie (GDPR) oortree deur voort te gaan om die persoonlike data van EU-burgers na die VSA te stuur ondanks ‘n 2020 Europese hofbeslissing teen so ‘n prosedure.

Leave a Reply