Skip to main content

‘n Vermeende onwettige mynwerker (29) is die afgelope naweek by Ga-Manyaka buite Burgersfort deur die Valke gearresteer en daar is ook beslag gelê op myntoerusting ter waarde van meer as R800 000-00.

Die myntoerusting sluit in ‘n kragopwekker, ‘n trekkerlaaigraaf ter waarde van R700 000-00, 86 kruiwaens en 11 domkraghamers.

Die verdagte het sonder ‘n permit gemyn en sal na verwagting vandag in die Mecklenburg-landdroshof verskyn op aanklag van onwettige mynbou.

Leave a Reply