Skip to main content

Lede van Tonga SAPD het ‘n groot deurbraak gemaak deur twee verdagtes van 31 en 34 jaar oud met vier mobiele toringbatterye in hul voertuig by Mangweni naby Komatipoort in hegtenis te neem.

Beurtkrag sowel as swak mobiele netwerke is van die groot uitdagings wat dié land in die gesig staar.

Die Polisie op Tonga het inligting oor verdagte aktiwiteite by ‘n seltoring ontvang. ‘n Wit Nissan Hardbody-bakkie is op die seltoring-perseel waargeneem, en toe die verdagtes die polisie gewaar het hulle van die toneel weggejaag. Dit het in nabygeleë bosse tot stilstand gekom en die insittendes het te voet gevlug.

Beide voortvlugtendes is opgespoor en in hegtenis geneem nadat vier mobiele toringbatterye in die voertuig gevind is.

Hulle word aangekla vir die besit van vermoedelik gesteelde eiendomme nadat hulle versuim het om dokumente te produseer wat hulle toelaat om die toringbatterye in hulle besit te hê. Nog ‘n klag vir oortreding van die Immigrasiewet is teen die twee verdagtes bygevoeg nadat ontdek is dat hulle nie geldige dokumentasie het wat hulle toelaat om in Suid-Afrika te wees nie.

Die verdagtes sal na verwagting vandag in die Nkomazi-landdroshof verskyn op die genoemde aanklagte asook vir skade aan noodsaaklike infrastruktuur.

Leave a Reply

error: Content is protected !!