Skip to main content

Ses leeus is Saterdag in Kenia se Amboseli Nasionale Park doodgemaak in wat owerhede as ‘n “mens-wild-konflik” beskryf het. Die wilde diere is glo doodgegooi met spiese nadat hulle vee aangeval het.

“Dit is nie ‘n geïsoleerde voorval nie,” het die Kenia Wildlife Service (KWS) gesê en bygevoeg dat “die afgelope week vier ander leeus doodgemaak is, wat daartoe gelei het dat ‘n totaal van tien leeus in die Amboseli-ekosisteem doodgemaak is.”

Volgens die KWS is die diere deur herders doodgemaak nadat die leeus 11 bokke en ‘n hond in Kajiado South Sub County aangeval het, in ‘n land waar mens-wild konflik ‘n gereelde probleem is.

Dié jongste voorval kom dae nadat Loonkiito, ‘n ikoniese 19-jarige leeumannetjie wat glo die wêreld se oudste in die natuur is, doodgegooi is met spiese nadat hy in ‘n veehok aan die buitewyke van die befaamde Amboseli Nasionale Park beland het.

Leave a Reply

error: Content is protected !!