Skip to main content

Resultate van die Progress in International Reading Literacy Study (PIRLS) wat vandag vrygestel is, toon dat 81% van Suid-Afrikaanse leerders in graad 4 nie vir betekenis kan lees nie.

Wat moontlik meer kommerwekkend is, is dat 56% van Suid-Afrikaanse graad 6-leerders nie vir betekenis kan lees wanneer hulle op dieselfde graad 4 PIRLS-evaluering getoets word nie.

Alhoewel 21 van 57 deelnemende lande ‘n afname in resultate getoon het as gevolg van die uitwerking van die Covid-19-pandemie, het Suid-Afrika aansienlik laer as alle vergelykende lande in die graad 4-toetse behaal. Trouens, Suid-Afrika het die grootste afname in leesuitkomste gehad, met ons leerlinge wat meer as 3 jaar agter Brasiliaanse kinders was.

Die Minister van Basiese Onderwys, Angie Motshekga, het gesê, “in baie Suid-Afrikaanse laerskole fokus leesonderrig dikwels net op mondelinge prestasie, verwaarlosing van leesbegrip en om sin te maak uit geskrewe woorde.”

Baxolile ‘Bax’ Nodada, die DA se skaduminister van basiese onderwys, meen dis tyd dat Motshekga in die pad gesteek word. “Dit is tyd dat die Departement verseker dat onderwysers kundiges word in die onderrig van hul vakke en al die nodige hulpbronne het om leerders se sukses te verseker deur ‘n inhaalplan, begroting vir lees en kragtige implementering in alle tale om lees vir betekenis en kwaliteit onderwys te verbeter,” het Nodada gesê.

Leave a Reply

error: Content is protected !!