Madi Pieterse
KAAPSTAD – In ’n merkwaardige ontwikkeling het die ANC-geleide regering in Gauteng ten tye van ’n besoek aan Kaapstad op uitnodiging van die Wes-Kaapse Minister van Mobiliteit, Ricardo Mackenzie, hul belangstelling in die afwenteling van passasierspoor na provinsiale beheer uitgespreek.
Die DA beywer hulle al jarelank vir hierdie deurslaggewende hervorming in die Wes-Kaap en die konvergensie van hierdie twee invloedryke provinsies is ’n belangrike stap in die rigting van hervorming van passasierspoor in Suid-Afrika.
Mackenzie het verlede week die Gauteng LUR vir Vervoer en Logistiek, Kedibone Diale-Tlabela, in Kaapstad ontvang vir ’n omvattende drie-daagse interregeringswerkswinkel. Tydens die geleentheid het beide partye heelhartig hul steun uitgespreek vir die afwenteling van passasierspoor sowel as die hervorming van die taxibedryf.
Aangespoor hierdeur sal die DA in die Wes-Kaap ’n formele brief aan die Minister van Vervoer, me Chikunga rig waarin navraag gedoen sal word of haar departement se standpunt oor die devolusie van spoor in heroorweging gebring kan word noudat haar ANC-kollegas in Gauteng aangedui het dat hulle die saak ondersteun.
Die Wes-Kaap volhard jarelank in hul poging vir die devolusie van passasierspoor vir die uiterste belangrikheid van die vervoerlyn wat duisende individue verbind met Kaapstad se Sentrale Besigheidsdistrik.
Die hoop is uitgespreek dat ’n politieke wil gesien sal word wat ooreenstem met die aspirasies van ’n groot getal Suid-Afrikaners.