Skip to main content

Met 99% van die stembriewe wat in die Turkse presidensiële verkiesing getel is, toon voorlopige amptelike uitslae dat nóg die posbekleër, Recep Tayyip Erdogan, nóg sy Westers-gesinde teenstander, Kemal Kilicdaroglu, daarin geslaag het om genoeg steun in die eerste ronde te wen om ‘n opvolgverkiesing later hierdie maand te vermy.

Die telling wat vandag vrygestel is, toon dat Erdogan net meer as 49% van die stemme het, terwyl Kemal Kilicdaroglu van die Republikeinse Volksparty (CHP) net meer as 45% het. Die onafhanklike kandidaat, Sinan Ogan, wat in ‘n derdeplek was met 5,2%, is nou gereed om ‘n koningmaker, oftewel die persoon te wees wat ‘n leier aan bewind kan bring deur die uitoefening van politieke invloed tussen die twee voorlopers wat vir 28 Mei opgestel is.

Leave a Reply

error: Content is protected !!