Skip to main content

Madi Pieterse

WES-KAAP – Lede van die teen-bende-taakspan het Dinsdag, 9 Mei, ’n 40-jarige man en twee vrouens, onderskeidelik 40 en 47 jaar oud, in hegtenis geneem vir die besit van kreef sonder ’n permit.

Die beraamde straatwaarde van die 5267 kreefsterte en 5 krewe is R1,9 miljoen. Tydens die voorval is, behalwe die kreef, ook beslag gelê op vier vrieskaste en twee skale.

Die inhegtenisnames het gevolg nadat polisie inligting opgevolg het dat ’n perseel in Steenberg in die Suidelike Voorstede van Kaapstad as moontlike kreefverspreidingspunt dien. Die perseel in Squaawstraat is deeglik deursoek waarna die kreef ontdek is.

Die verdagtes is in aanhouding en sal, sodra aangekla, na verwagting in die Wynberg-landdroshof verskyn.

**

In ’n onverwante voorval in Steenberg dieselfde dag het geïntegreerde magte ’n 33-jarige man gearresteer op klagtes van die besit van ongelisensieerde vuurwapens en ammunisie.

Polisielede het reageer op inligting en by nadere ondersoek by ’n geïdentifiseerde adres in Chiefstraat drie vuurwapens met ammunisie asook ’n nagebootste vuurwapen gekonfiskeer. Geen lisensies kon vir die betrokke vuurwapens getoon word nie.

Die verdagte is tans in aanhouding en sal na verwagting in die Wynberg-landdroshof verskyn.

Leave a Reply

error: Content is protected !!