Skip to main content

Die Polisie in Polokwane het gister ‘n 29-jarige manlike verdagte vir onwettige vervaardiging en handel in onwettige dwelms en die besit van ‘n vermoedelik gesteelde motorvoertuig gearresteer.

Volgens inligting het die polisie waardevolle inligting ontvang wat gelei het tot die arrestasie van een verdagte deur die provinsiale misdaadintelligensie-narkotiese span en die provinsiale georganiseerde misdaadondersoekeenheid in ‘n taktiese operasie in die vroeë oggendure.

Die polisie het die verdagte op heterdaad betrap terwyl hy dwelms in klein sakkies in sy mini-dwelmlaboratorium verpak het terwyl nog dwelms in ‘n voertuig op dieselfde perseel gevind is.

Daar is beslag gelê op dwelms wat wissel van nyaope, crystal meth en rock met ‘n geraamde straatwaarde van R1 miljoen en ‘n vermoedelik gesteelde grys Volkswagen Polo ter waarde van R240 000.

Die verdagte sal aangekla word van onwettige vervaardiging en handel in onwettige dwelms asook die besit van vermoedelik gesteelde motorvoertuig.

Hy sal na verwagting in hierdie week voor die Polokwane-landdroshof verskyn.

Leave a Reply

error: Content is protected !!