Skip to main content

Drie veiligheidsbeamptes tussen die ouderdomme van 53 en 60 is gister deur die Valke se Ernstige Georganiseerde Misdaad-ondersoekspan in Bloemfontein in hegtenis geneem.

Hul arrestasie spruit uit ‘n voorval wat Dinsdag plaasgevind het toe die pantservoertuig van ‘n sekuriteitsmaatskappy vanaf die maatskappy se depot na Bloemfontein Sentrale Sakedistrik onderweg was om kontant af te lewer. Daar word beweer dat, voordat die veiligheidsbeamptes hul bestemming bereik het, hulle deur ‘n groep swaargewapende verdagtes in McKenziestraat, Bloemfontein oorval is.

Die gewapende rowers het die veiligheidsbeamptes opdrag gegee om uit die Pantservoertuig te klim. Hulle het toe plofstof gebruik om die kluis en die valkluis van die pantservoertuig op te blaas. Die verdagtes het toe ‘n onbekende bedrag geld en drie vuurwapens van die veiligheidsbeamptes gesteel en van die toneel gevlug.

Verdere ondersoeke deur die Valke het gelei het tot die arrestasie van drie veiligheidsbeamptes. Die verdagtes sal na verwagting op môre voor die Bloemfonteinse landdroshof verskyn.

Leave a Reply

error: Content is protected !!