Skip to main content

Die Hooggeregshof in Pretoria het vanoggend ‘n tussentydse bevel uitgereik waarin die diamantmagnaat Louis Liebenberg verbied word om lasterlike uitlatings teen die likwidateur Vaughn Victor te maak.
Victor is een van die voorlopige likwidateurs in die voorlopige likwidasie van Liebenberg se Tariomix-maatskappy.

“Die tussentydse bevel is ‘n generiese standaard-verbod op lasterlike uitlatings – iets wat mens in elk geval nie mag doen nie. Victor het die hof genader na opmerkings van beweerde kriminele aktiwiteite nadat verskeie vroue vorendag gekom het met aantygings van skokkende optrede,” sê Ian Allis van Allis Attorneys, wat Liebenberg verteenwoordig.

“Wat wel vreemd is, is dat die hof nie ‘n keerdatum vasgestel het nie. Ons sal ons tot verdere regsoptrede moet wend om ‘n keerdatum te kry.”

Geen argumente is in die saak aangehoor nie.

Leave a Reply

error: Content is protected !!