Kenners aan die Universiteit van Pretoria (UP) is ‘n stap nader daaraan om ‘n middel te vind wat oordrag van die malariadraende parasiet Plasmodium falciparum kan voorkom deur sy lewensiklus te stuit.
Sephora Mianda Mutombo, ‘n PhD-kandidaat in die Departement Chemie aan UP, was die hoofskrywer van ‘n studie gepubliseer in die Journal of Ethnopharmacology wat die inheemse vetplant Aloe marlothii ondersoek vir sy vermoë om die verspreiding van malariaparasiete dood te maak of te stop.
Die studie het bevind dat natuurlike aktiewe bestanddele in die wortels van hierdie aalwynspesie anti-plasmodiale eienskappe het wat die potensiaal het om al die fases van die malariadraende Plasmodium falciparum dood te maak en blokkeer die uiters belangrike oordrag.