Skip to main content

Madi Pieterse

WES-KAAP – Samewerkende pogings deur die Seegrens-polisie om die Suid-Afrikaanse kus se seelewe te beskerm het gelei tot die inhegtenisname van vier verdagtes tussen die ouderdomme van 18 en 25.

Die kwartet is Woensdag, 3 Mei 2023 tussen Hartenbos en Klein Brakrivier in besit van perlemoen gevind.

Seegrens-polisie het inligting ontvang rakende duiker-aktiwiteit by die riviermond en dit opgevolg. Die aktiwiteit is gemonitor totdat die duikers uit die water gekom het. By nadere ondersoek is 407 ontskulpte perlemoen met ’n geskatte straatwaarde van R72 000 in hul besit gevind. Daar is ook beslag gelê op duik- en oestoerusting.

Die verdagtes is in hegtenis geneem en word aangehou by Da Gamaskop-polisiestasie. Sodra hulle aangekla word sal hulle in die Mosselbaai Landdroshof verskyn.

Leave a Reply

error: Content is protected !!