Skip to main content

Isaac Cloete

‘n Man se been is uiteindelik die week afgesit nadat dit lank gepyn het.

Hy is Frederick van Wyk (50) van Rooiwal, wie se been op 1 Mei ver bokant sy knie geamputeer was. Vroeër was berig dat Van Wyk in ‘n ernstige toestand verkeer het weens gangreen.

Hy het toe al vir die afgelope twee maande ook baie pyn verduur. Boonop het die vlieë rondom sy voet en been vergader. Dit was ook al pikswart en behalwe dit, het sy tone al begin krimp, was sy neef, Piet Fredericks, se woorde voorheen aan die media.

Van Wyk se been moes al op 12 April afgesit word, soos sy hospitaalbrief aangedui het. Toe hy egter op hier dag by die Springbok-hospitaal opdaag, was ontdek dat geen bespreking vir die teater vir hom gemaak was nie. Hy moes met die pyn en ongerief teruggekeer na Rooiwal.

Berigte oor sy vrot been asook oor die gebrek aan behandeling en ambulansdienste het die saak onder die aandag van die waarnemende hoof van ambulansdienste op Springbok, Ayabonga Somi, gebring.

Somi het dadelik navraag gedoen oor Van Wyk se woonadres. Hierna was reëlings getref om Van Wyk so gou as moontlik in die teater te kry.

Van Wyk het die week gewys hoedat sy been lyk. Hy het vertel dat hy vir vyf dae opgeneem was. Hy sal vandag ontslaan word as hy goeie vordering maak.

“Ek het nog ‘n bietjie pyn. Die gesondheidsdienste het geen rede gehad om my so te behandel nie. Hopelik sal ander mense nie so tenagekom word nie. Ek moes vir ‘n jaar so sukkel met die been.”

Sy familie was baie bly dat hy uiteindelik ontslae is van die erge pyn wat hy vir so lank moes deurmaak. Hulle hoop dat hy vinnig sal kan herstel.

Leave a Reply

error: Content is protected !!