Die eerste gewone stralervlug vertrek op hierdie dag uit Londen na Johannesburg.
Die British Overseas Airways Corporation (BOAC) was die Britse staatslugredery vanaf 1939 tot 1946, en die langafstand Britse staatslugredery vanaf 1946 (later saamgesmelt met British European Airways Corporation om British Airways te vorm).
In 1952 het BOAC die eerste lugredery geword om ‘n passasiersstraler, die de Havilland Comet, bekend te stel. Op 2 Mei 1952 het die eerste gewone stralervlug, ‘n Havilland Comet, Londen verlaat met 36 passasiers aan boord. Dit het 18 uur later in Johannesburg aangekom. Die Londen-Johannesburg-roete het dus die eerste gereelde diens geword wat deur ‘n straalvliegtuig gevlieg is.
Bron: SAHO