Skip to main content

Twee voormalige werknemers wat deur G4S afgedank is, is gister by hul woonplek in Bloemfontein in hegtenis geneem.

Die twee sal Woensdag in die Bloemfonteinse landdroshof verskyn op aanklag dat hulle ‘n gevangene bygestaan het om uit wettige aanhouding te ontsnap asook vir regsverydeling.

Die span wat hierdie saak ondersoek, het tot dusver agt verdagtes gearresteer en kan nie die moontlikheid uitsluit dat nog arrestasies sal volg nie.

Leave a Reply

error: Content is protected !!