’n Ernstige ongeluk wat vroeg gisteroggend plaasgevind het, het die lewens van twee mense geëis en die derde ernstig beseer gelaat in Caledonstraat in Kariega.
Na bewering het die bestuurder van ‘n Toyota Yaris omstreeks 07:24 beheer oor die voertuig verloor, in ‘n betonpaal vasgery, gerol en twee voetgangers getref voordat dit tot stilstand gekom het.
Die bestuurder, John Tessner (36) van Uitenhage, is met impak oorlede terwyl ‘n 51-jarige voetganger, Cesare Di Basilio, ook noodlottig beseer is. Nog ‘n voetganger, 50 jaar oud, is met ernstige beserings hospitaal toe gehaas.
Die polisie ondersoek ’n saak van strafbare manslag.