Skip to main content

Markus Jooste, die voormalige uitvoerende hoof van Steinhoff, het glo nie die opening van sy strafregtelike verhoor in Duitsland verlede week bygewoon nie, aangesien hy ‘paspoortprobleme’ gehad het. Dìt volgens sy regspan. Hulle beweer ook dat Jooste moontlik in hegtenis geneem kan word indien hy Suid-Afrika probeer verlaat volgens ‘n ooreenkoms met die Suid-Afrikaanse regering, iets wat laasgenoemde ontken.

Jooste is een van vier van Steinhoff se Suid-Afrikaanse maatskappybestuurders wat in Duitsland aangekla word vir balansstaatmanipulasie.

Leave a Reply

error: Content is protected !!