Twee mans is by ‘n padblokkade op die N7 naby Klawer in die Wes-Kaap deur die polisie vir die onwettige besit van ongeslypte diamante aangekeer. Die bakkie waarin die mans gery het, is deursoek en die owerhede het 29 ongeslypte diamante en ‘n stapel kontant by een verdagte gevind terwyl die ander drie ongepoleerde robyne in sy besit gehad het.
Daar is beslag gelê op die stene en die twee verdagtes, onderskeidelik 33 en 46 jaar oud, is in hegtenis geneem.