Skip to main content

Eskom het verlede week aangekondig dat Suid-Afrika ‘onbepaald’ op ‘n fase 6-beurtkrag-skedule sal bly, onderwyl dit inderdaad fase 8-beurtkrag toepas. Dìt nadat Eenheid 2 by Koeberg Kragstasie verlede naweek onklaar geraak het.

Eskom het wéér pas aangekondig dat fase 6-beurtkrag ‘vanoggend om 05:00 ingeskop het tot verdere kennisgewing’ nadat eenhede by Tutuka, Kriel, Duvha en Kendal kragstasies óók onklaar geraak het.

“Eenheid 1 by Koeberg is af vir diens en opgradering. Daar is dus geen krag vanaf Koeberg vir eers nie,” het energie-ontleder Chris Yelland gesê.

Die mense wat iets móét kwytraak oor die benarde kragsituasie in ons land, president Cyril Ramaphosa, die minister van elektrisiteit Kgosientsho Ramokgopa, die minister van openbare ondernemings Pravin Gordhan en die minister van minerale en energie Gwede Mantashe, sprak g’n sprook nie.

Leave a Reply

error: Content is protected !!