Spesiale aanklaers in New Mexico het besluit om alle aanklagte teen die Hollywood-akteur Alec Baldwin terug te trek, het sy prokureurs gister aan die media gesê. Baldwin is aangekla van onwillekeurige manslag omdat hy die kinematograaf Halyna Hutchins in Oktober 2021 op die stel van die rolprent Rust doodgeskiet het.
“Ons is tevrede met die besluit om die saak teen Alec Baldwin terug te trek en ons moedig ‘n behoorlike ondersoek na die feite en omstandighede van hierdie tragiese ongeluk aan,” het prokureurs Luke Nikas en Alex Spiro in ‘n verklaring gesê.
Die aanklagte teen Baldwin se medebeskuldigde, Hannah Gutierrez-Reed, gaan egter voort.
Tydens een van die repetisies het die geweer wat Baldwin na Hutchins gerig het, afgegaan, haar dood veroorsaak en regisseur Joel Souza gewond gelaat.