Skip to main content

Die feit dat mense geglo het dat ‘n hond met ‘n droë neus siek is, is toe al die tyd net ‘n mite. Maar honde met nat neuse kan beter ruik.

As jou vierpotige vriend se neus egter ‘n kors of droë los vel op het, hou dit maar fyn dop, want dit kan beteken dat hy/sy nasale hiperkeratose – oormatige ophoping van keratien op die dorsum van die neus – het; iets wat meestal by ouer honde voorkom, maar dit word ook deesdae op spanjoele gewaar. Dit is behandelbaar, is nie dodelik nie maar is baie ongemaklik vir honde.

Honde is in staat om melanome sowel as blaas-, long-, bors- en eierstokkanker met hul neuse op te tel.

Het jy al ooit opgelet dat jou hond se neus ‘n klein duikie in die middel van die onderste deel van die neus, net aan die bokant van sy/haar bolip het? Geleerdes reken dat daardie duikie vog vanaf die hond se mond na die neus ‘dra’.

Daar is ‘n spesifieke honderas wat gebruik word om truffels uit te snuffel: Die Lagotto Romagnolo. (Foto onder.)

Honde het wat geleerdes ‘n ‘tweede neus’ noem. Die vomeronasale orgaan of die Jacobson-orgaan is ‘n deel sensoriese selle wat binne die hond se neusholte net bokant die monddak gesetel is. Hierdie deel spoor feromone op en help honde om maklik ander honde op te spoor.

Wanneer honde hul tande op mekaar klap, beteken dit nie noodwendig dat hulle koud kry of bang is nie. Hulle doen dit ook om te help dat die reukmolekules hulle vomeronasale orgaan bereik.

Honde het ook unieke neusafdrukke, nes ons vingerafdrukke.

As jou hond ‘n vleeskleurige neus het, word dit ‘n Dudley-neus genoem. Sulke honde moet verkieslik uit die son bly, of sonbrandmiddel op hul neuse kry om die pigmentlose orgaan teen die son se strale te beskerm.

Honde se neusgate werk onafhanklik, en die regterneusgat doen die meeste werk.

Iets wat verstommend is, is dat honde reuke kan eien teen konsentrasies van een deel per triljoen. As jy nie weet hoe om dit uit te werk nie: Dit is gelykstaande aan een druppel vloeistof in 20 Olimpiese grootte swembaddens!

Leave a Reply

error: Content is protected !!