Skip to main content

‘n Intelligensie-gedrewe operasie het gelei tot die konfiskering van dwelms ter waarde van R350 000 by Klein Brakrivier.

Lede van die Garden Route Flying Squad het gister ‘n silwer Opel Corsa by Klein Brakrivier langs die N2 tussen Groot Brakrivier en Hartenbos afgetrek. Die polisielede het die voertuig deursoek en op sewe pakke met ‘n totaal van 7 000 mandrax-tablette afgekom. Hulle het op die besending beslag gelê en twee insittendes, onderskeidelik 33 en 43 jaar oud, gearresteer op aanklag van handel in dwelms.

Leave a Reply

error: Content is protected !!