Skip to main content

Drie werknemers van die VN se Wêreldvoedselprogram (WFP) is Saterdag in die Kabkabiya-distrik dood en nog twee beseer tydens gewapende gevegte in Soedan, het die internasionale agentskap se uitvoerende direkteur, Cindy McCain, gister gesê. Die agentskap het bedrywighede in die land tydelik gestaak.

McCain het bygevoeg dat ‘n WFP-beheerde vliegtuig dieselfde dag by die Khartoem Internasionale Lughawe “aansienlik beskadig is”.

“Enige lewensverlies in humanitêre diens is onaanvaarbaar en ek eis onmiddellike stappe om die veiligheid van diegene wat oorbly te waarborg,” het McCain gesê en bygevoeg dat “hulpwerkers neutraal is en nooit ‘n teiken moet wees nie.”

“Terwyl ons die ontwikkelende veiligheidsituasie hersien, word ons gedwing om alle bedrywighede in Soedan tydelik te staak,” het die WFP-baas aangekondig.

Minstens 83 mense is tot dusver dood en meer as 1 126 beseer in gevegte regoor Soedan.

Leave a Reply

error: Content is protected !!