Skip to main content

Moederstad: Die Kaap in die naoorlogsjare, 19021910 (Imperiale Somer 5) deur Karel Schoeman

“Kaapstad was in hierdie tyd ’n vuil, arm en pretensieuse stad.” — K. Schoeman

Die vyfde deel van die reeks Imperiale somer word hoofsaaklik aan Kaapstad gewy, met spesiale aandag aan die opkoms van ’n gekleurde kleinburgery en die ontwikkeling van ’n politieke bewussyn onder hulle, die ontstaan van ’n swart gemeenskap met die probleme wat dit ingehou het, Robbeneiland wat in daardie jare ’n herberg vir melaatses was, asook die passasierskepe waarvan Suid-Afrika afhanklik was vir sy kontak met Europa.

As hawestad was prostitusie ’n groot probleem. Dobbellokale in Distrik 6, onwettige drank- en diamanthandel en korrupte lede van die polisiemag het bygedra tot onstabiliteit.

Daar word ook ’n oorsig van die Kaapse platteland (die Paarl, Wellington, Swellendam, Oudtshoorn, Graaff-Reinet en Hanover) in die jare onmiddellik ná die Anglo-Boereoorlog gegee.

Soos met vorige dele van die reeks, kleur anekdotes en kameebeskrywings Schoeman se vertelling in.

Karel Schoeman was een van Suid-Afrika se produktiefste skrywers en het talle romans, novelle, dramatekste en historiese werke geskryf. Sy werk was vele male bekroon, o.a. met die Hertzogprys en die Recht Malan-prys. Hy is op 1 Mei 2017 oorlede.

Leave a Reply

error: Content is protected !!