Skip to main content

‘n Multi-dissiplinêre veldtog, Operasie Phakisa is oor die Paasnaweek in Port Nolloth, Kleinsee, Groenrivier, Alexanderbaai en Hondeklipbaai uitgevoer.

Die fokusareas wat aangespreek is, het onwettige aktiwiteite met betrekking tot mariene-verwante misdade ingesluit waar streng nakoming van die voorgeskrewe visvangregulasies gemonitor is.

Gedurende hierdie tydperk is die publiek gemagtig om aan ontspanningshengel deel te neem wat met die regte permitte toegelaat is om ‘n voorgeskrewe hoeveelheid visbronne te besit en te vervoer. Dit sluit in mossels, perlemoen, oesters, asook ‘n maksimum van vier Weskuskreefvisse (kreef) per permit.

Deel van die veldtog was om die oes en stropery van mariene-hulpbronne te voorkom, insluitend beskadiging van belangrike infrastruktuur wat aansienlike ekonomiese verliese tot gevolg het en laastens om die wet af te dwing op enige ander misdadigheid wat gedurende hierdie tydperk sou plaasvind.

Die multi-dissiplinêre operasies is uitgevoer onder die algehele bevel van kolonel Kholakele Sontsi, die provinsiale bevelvoerder vir openbare orde polisie (POP) en taktiese reaksie span (TRT) eenhede, ondersteun deur mnr Thulani Mthombeni van die departement van bosbou, visserye en omgewing as asook mnr Errol Swartbooi van die Departement van Landbou, Omgewingsake, Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming bygestaan deur die Taktiese Bevelvoerder, Kaptein James Peters wat aktief aan die beplande aksies deelgeneem het.

Spanne van verskillende departemente en entiteite, insluitend die departement van water en sanitasie, die SAID se doeane-eenheid en SAN Parke het die ontwrigtende operasies uitgevoer.

Aksies en aktiwiteite wat tydens die aanvang van die bedrywighede uitgevoer is, sluit in inspeksies, voertuigkontrolepunte (VCP’s), stop en deursoekings, voetpatrollies langs die kusgebiede en klopjagte by geïdentifiseerde huise vir onwettige dwelms en ander kommoditeitsmokkelary.

Nege voertuigkontrolepunte is op die Port Nolloth/Alexanderbaai-pad en die Port Nolloth/Kleinzee-pad uitgevoer waartydens 214 voertuie en 504 persone voorgekeer en deursoek is.

‘n Aantal operasionele suksesse is behaal:

110 visvangpermitte is geïnspekteer by hawens, kampeerterreine en lanseerplekke wat deur die multidissiplinêre wetstoepassers besoek is, waarvoor boetes ter waarde van R18 000 uitgereik is vir die oortreding van die Wet op Lewende Mariene Hulpbronne sowel as die Wet op Nasionale Omgewingsbestuur.

‘n Aantal padverkeersboetes ter waarde van R5 300 is ook uitgereik.

Die multidissiplinêre span het ook beslag gelê op dagga en Tik ter waarde van R4 808 en R1 020 in kontant wat glo die opbrengs van misdaad is. Drie verdagtes is in hegtenis geneem vir die handel in dwelms en sal binnekort in die Kleinsee- en Port Nolloth-landdroshowe verskyn.

Daar is ook beslag gelê op Mullet- en Weskuskreef ter waarde van R2 500.

Die provinsiale bevelvoerder van POP- en TRT-eenhede, kolonel Kholakele Sontsi het alle lede en belanghebbendes wat betrokke was by die beskerming van die mariene hulpbronne en omgewing bedank. Hy het sy waardering uitgespreek teenoor die publiek (toeriste en of kampeerders) wat ten volle met die inspekterende wetstoepassingsbeamptes saamgewerk het.

Hy het ook diegene wat van voorneme is om die wet te oortree gewaarsku om nie met noodsaaklike infrastruktuur te peuter nie, aangesien naamborde en kennisgewingborde wat by die kusterreine opgerig is, verwyder of gevandaliseer is.

One Comment

Leave a Reply

error: Content is protected !!