Skip to main content

SONJA BROWN

Gauteng Maatskaplike Ontwikkeling se ‘plan om te herprioritiseer’ beteken dat R500 miljoen weggeneem word van Nie-Winsgewende Organisasies (NWO’s) en geskuif word na ‘dwelmmisbruik, haweloosheid en jeugontwikkeling’.

Dit beteken geld word weggeneem van organisasies wat na kwesbare kinders, persone met gestremdhede, ouer persone en maatskaplike werk in die algemeen omsien. Duisende kwesbare mense sal nie meer kospakkies of psigososiale ondersteuningsdienste ontvang nie.

Mbali Hlophe, ‘n Lid van die Uitvoerende Raad (LUR) vir Maatskaplike Ontwikkeling, Landbou en Landelike Ontwikkeling in Gauteng het vandag ‘n inligtingsessie gehou met meer as 4 000 NWO’s wat baie ontsteld is oor hul verlies aan finansiering. Een NWO het aangedui dat hulle na 2 000 persone met gestremdhede omsien en dus sal moet sluit as hulle hul befondsing van die Gautengse departement van maatskaplike ontwikkeling verloor.

“Die LUR het nie een keer antwoorde verskaf tydens die verskeie vergaderings wat in die provinsie gehou is nie, of aan die portefeuljekomitee verslag gedoen oor wat met die begunstigdes van die NWO’s gaan gebeur wat van geld of befondsing gestroop sal word nie,” het Refiloe Nt’sekhe, die DA Skadu-LUR vir Maatskaplike Ontwikkeling, aan Die Waarheid gesê.

“Dìt gaan erger wees as Esidimeni. Die DA beveg dit al vir baie jare en sal aanhou veg en die Gautengse departement van maatskaplike ontwikkeling aanhou vra om hul planne om fondse te herprioritiseer, om te keer. Dwelmmisbruik kan nie as belangriker as ander kwesbare groepe beskou word nie!” het sy driftig verklaar.

Leave a Reply

error: Content is protected !!