Skip to main content

Die regering het die nasionale ramptoestand met onmiddellike effek beëindig.

Die ramptoestand, wat in Februarie afgekondig is, was ‘n reaksie op die impak wat beurtkrag op die ekonomie en kwesbare sektore soos gesondheid en klein besighede gehad het.

Die Minister van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake, me Thembisile Nkadimeng, het vanoggend in ‘n verklaring bekendgemaak die regering sal deur die Energiekrisiskomitee voortgaan met “aksies om beurtkrag te verminder en uit te roei met behulp van bestaande wetgewing en gebeurlikheidsreëlings”.

Leave a Reply

error: Content is protected !!