Skip to main content

Die Egiptiese ministerie van gesondheid het ’n nuwe inisiatief van stapel gestuur om te sorg dat toekomstige Egiptenare gesonde kinders sal baar.

Alhoewel mediese ondersoeke voor enige troues reeds sedert 2008  verpligtend is, word daar nou nuwe verpligte mediese toetse bygevoeg waarvan die uitslae op ‘n gesondheidsertifikaat aangedui sal word.

Toetse moet minstens twee weke voor ‘n troue gedoen word, en is slegs geldig vir ses maande. ‘n Totaal van 84 000 jong Egiptenare en burgers van ander lande wat wil trou is reeds in een maand getoets.

Onder hierdie toetse is Hepatitis B en C, MIV/Vigs asook nie-oordraagbare siektes soos vetsug, hoë bloeddruk, hemoglobienvlakke in die bloed, diabetes, asook thalassemia (Mediterreense anemie).

Die straf vir die gebruik van ‘n vals sertifikaat is tot 3 jaar tronkstraf, het die ministerie van gesondheid gesê. Die prosedure vir ‘n individu kos US$7, terwyl dit die regering sowat US$16 kos.

Leave a Reply

error: Content is protected !!