SA hartsorg ‘n halwe eeu na eerste hartoorplanting
“Die ongelooflike vordering in mediese tegnologie en hartgeneeskunde sedert prof Christiaan Barnard se eerste hartoorplanting bied ongelooflike behandelingsopsies waar daar voorheen min hoop was,” sê Jacques du Plessis, besturende direkteur van Netcare se hospitaalafdeling.
Volgens die Wêreldgesondheidsorganisasie bly kardiovaskulêre siektes wêreldwyd die grootste oorsaak van sterftes. In net een jaar het ongeveer 17,9 miljoen mense aan kardiovaskulêre oorsake gesterf, wat byna ‘n derde van alle sterftes wêreldwyd verteenwoordig.
In Suid-Afrika word gemiddeld 225 mense se lewens elke dag deur hartsiektes kortgeknip, volgens die Hart-en-beroertestigting, en elke uur kry tien Suid-Afrikaners ‘n beroerte.
“Terwyl sommige kinders met aangebore hartafwykings gebore word; neem die waarskynlikheid om ‘n kardiovaskulêre toestand by andersins gesonde individue te ontwikkel, toe namate ons ouer word.
Hierdie Wêreldgesondheidsdag is groter bewustheid van hartgesondheid, roetine-sifting en die belangrikheid daarvan om ‘n hartgesonde leefstyl van kleins af te volg een van die belangrikste maniere om jou gesondheid en welstand te beskerm,” sê Du Plessis.
Kardiovaskulêre spesialiste, insluitend kardioloë, pediatriese kardioloë, elektrofisioloë, kardiotorakale en vaskulêre chirurge by 20 toegewyde Netcare-hartsentrums werk toenemend saam in multidissiplinêre spanne om die nuutste persoongesentreerde behandelingsmetodologie vir kardiovaskulêre metodes te voorsien aan mense met hartkwale.
Hartritmestoornisse, waar die hart onreëlmatig, of te vinnig of stadig klop, kan volwassenes of kinders affekteer, wat ‘n ernstige gesondheidsrisiko inhou.
Vandag is hierdie toestande behandelbaar, hetsy met medisyne, chirurgies ingeplante toestelle of met behulp van onder meer elektrofisiologiestudies en ablasieprosedures. ‘n Pasaangeër is ‘n ingeplante toestel wat help om die hart teen ‘n gereelde pas te laat pomp. Ander behandelings sluit medikasie of ‘n ingeplante kardioverter-defibrillator in, wat ‘n spesiale soort pasaangeër is wat ‘n lewensreddende skok kan lewer wanneer die hart te vinnig of onreëlmatig klop.
Afrika se eerste strukturele hartsentrum wat spesialiseer in die perkutane herstel van lekkende hartkleppe en die minimaal indringende herstel van verskeie ander kardiale anatomiese abnormaliteite is in 2014 by die Netcare Union Hospitaal, wat nou by die Netcare Alberton Hospitaal geïnkorporeer is, gevestig.
“Een van die belangrikste vooruitgang in hartgeneeskunde die afgelope jare was na minder indringende intervensies, wat kleiner chirurgiese insnydings behels wat baie minder spanning op die persoon se stelsel plaas as tradisionele opehartchirurgie vir toepaslike gevalle,” sê Du Plessis. Deurbrake in hierdie ‘sleutelgat’-hartprosedures het ‘n rewolusie in baie aspekte van hartsorg veroorsaak. Die transkateter aortaklep intervensie (TAVI) prosedure vervang ‘n siek hartklep met ‘n kunsmatige een, ingeplant deur ‘n klein insnyding met behulp van versigtig geleide kateters.
Sekere pasiënte met ernstige koronêre hartsiekte vereis ‘n prosedure om ‘n pad deur die slagaar skoon te maak voordat stents ingesit kan word. In ‘n eerste vir Afrika, is skokgolf-intravaskulêre litotripsie (IVL) suksesvol gebruik om hoogs verkalkte neerslae en blokkasies binne die kransslagare met ultraklank-skokgolwe by die Netcare Union Hospitaal, in 2019 te ‘kraak’.
By Netcare Blaauwberg Hospitaal is die eerste transfemorale dubbelklepvervanging in Afrika vroeër vanjaar uitgevoer en die span spesialiste by die hospitaal was ook die eerste op die vasteland wat van transfemorale skokgolfterapie gebruik gemaak het om toegang vir TAVI te verkry en om die kombinasie van mitralisklep TAVI en kransslagaaromleidingschirurgie terselfdertyd te onderneem.
Sowat 15 jaar gelede is slegs tradisionele chirurgiese benaderings vir sulke prosedures gebruik “Dit bied hoop vir baie ernstig siek pasiënte, vir wie tradisionele chirurgie voorheen as ’n te hoë risiko beskou is om te oorweeg. TAVI-prosedures kan nou uitgevoer word terwyl die pasiënt by sy bewussyn is, wat hierdie behandelingsmodaliteit oopmaak vir mense wat nie narkose kan kry nie,” sê Du Plessis.
“Die uitwerking van ander gesondheidstoestande op die kardiovaskulêre stelsel en die vermindering van die gepaardgaande hartrisiko’s deur multidissiplinêre sorg is nog ‘n belangrike opkomende tendens.”
Wêreldklas-robottegnologie wat minder indringende alternatiewe bied vir prosedures wat die borsholte betrek, insluitend longkanker en hartoperasies, is onlangs by die Netcare Christiaan Barnard-gedenkhospitaal gevestig. Dit is die eerste kardiotorakale robot-ondersteunde chirurgieprogram in Afrika.
“Elektromeganiese hartmedisyne vorder ook heeltyd. Meganiese hartpompe, bekend as ventrikulêre hulptoestelle (VAD’s), het baie desperate pasiënte wat aan eindstadium-hartversaking ly, van ‘n onskatbare lewenslyn voorsien totdat ‘n geskikte skenkerhart beskikbaar is.”
Suid-Afrika se eerste kunsmatige inplanting van ‘n VAD, die Berlynse Hart, het in 2001 by die Netcare Christiaan Barnard-gedenkhospitaal plaasgevind. Meer onlangs bied die Abbot HeartMate 3™ linkerventrikulêre hulptoestel, wat in 2021 vir die eerste keer in Suid-Afrika ingeplant is, lewe-besparende tegnologie vir mense met eindstadium hartversaking wanneer ‘n bypassende skenkerhart nie beskikbaar is vir ‘n oorplanting nie.
Hierdie toestel kan dit vir pasiënte met hartversaking moontlik maak om hul mobiliteit en onafhanklikheid te herwin, om terug te keer werk toe en aan gesinsaktiwiteite deel te neem, wat hul lewens vir baie jare verleng. “Danksy die baanbreker en toegewyde spesialiste wat gevorderde hartbehandelings in Suid-Afrika bekendstel, en die toenemende openbare bewustheid van die risikofaktore en belangrikheid van vroeë behandeling van kardiovaskulêre siektes, kan soveel mense vandag langer leef as wat net ‘n dekade of twee gelede moontlik sou gewees het,” sluit Du Plessis af.