Skip to main content

Vir almal wat nie weet nie: Die term “opera” kom van die Latynse opus, of “werk”.

Maar … opera bestaan nie net uit mooi verhoë en asemrowende stemme nie. Daar was ‘n paar interessante verwikkeling oor die jare heen.

Tydens die agttiende-eeuse operaseria (ernstige opera) moes al die hoofsangers só staan tydens ‘n hele lied: Voete in ballet se derde posisie, sonder om te roer. Totdat die gordyne gesak het.

Dan was daar die George Friedrich Handel-episode. Francesca Cuzzoni, ‘n bekende sopraan wat tussen 1696 en 1778 geleef het, het op ‘n dag geweier om hierdie Duits-Britse komponis se aria, “Falsa immagine”, te sing. Hy was so woedend dat hy haar om haar middel gegryp het en gedreig het om haar by ‘n venster uit te gooi as sy nie sou instem om dit wel te doen nie.

Vroue was nie tydens die 17de eeu op verhoë toegelaat nie, en die sopraan/mezzo/alt-dele in operas was gesing deur castrati, oftewel gekastreerde mans.

‘n Operahuis, die Tor di Nona is in 1697 deur Pous Innocentius XII as immoreel afgemaak, en op sy bevel is die hele plek afgebrand.

Het jy al gehoor van die term ‘dis nie verby totdat die vet vrou gesing het nie’? Daar is ‘n sterk vermoede dat dit geskep is ná aanleiding van Brunhilde (gesing deur Amalie Materna, ‘n oorgewig dame) se aria van 10 minute aan die einde van Wagner se Ring-siklusoperas. Niemand kan met sekerheid sê presies waar of deur wie die term ontstaan het nie.

Die ‘vader’ van die Franse opera was Italianer Jean-Baptiste Lully. Hy was die eerste persoon wat ‘n dirigentstok gebruik het; iets wat uiteindelik tot sy dood gelei het nadat hy sy eie voet met ‘n swaar dirigeerstok raakgeslaan het. Die seer het in ‘n ernstige bakteriële infeksie ontaard, en hy is dood as gevolg daarvan.

Praat van ‘n gehoor om die bos lei… Niemand wou Charles Gounod se kaartjies vir sy opera ‘Faust’ koop nie, maar dit het hom nie afgeskrik nie. Hy het die kaartjies verniet weggegee vir mense wat nie in die dorp gebly het nie, en die dorpenaars se nuuskierigheid was geprikkel nadat hy verkondig het dat sy eerste drie vertonings ‘uitverkoop’ was. Dit het agies genoop om kaartjies vir die volgende vertonings te koop, en siedaar! ‘n Treffer!

Bastien und Bastienne, Mozart se eerste opera, is geskryf toe hy skaars 12 jaar oud was.

Beethoven was nie so begaafd wat operaskryf betref het nie. Hy het net een in sy lewe geskryf, en die opera getiteld Fidelio het hom 11 jaar geneem om dit te voltooi.

Indien jy dit nie geweet het nie: Dit is taboe om by operas te fluit aangesien dit deur die sangers as ‘n klap in die gesig gesien word. Skree eerder ‘bravo’ (vir ‘n man/vrou), of as jy twee gelyktydig wil prys, skree ‘bravi’ As daar net ‘n vrou op die verhoog is, is die korrekte term ‘bravé’.

As jy nie van lang operas hou nie, bly weg uit die La Scala-operahuis in Milaan, Italië. Daar laat die gehoor operasangers ‘n lied oor en oor sing totdat hulle – die luisteraars – tevrede is dat dit na wense gesing is.

Leave a Reply

error: Content is protected !!