Skip to main content

Gister het die Amerikaanse Federale Reserweraad besluit om rentekoerse weer met 0,25% tot 5% te verhoog ondanks die ineenstorting van verskeie Amerikaanse banke, insluitend Silicon Valley Bank (SVB), asook meer probleme in ander lande.

Hierdie opvallende toename sal na verwagting ‘n negatiewe impak op Amerikaanse ekonomiese groei hê, banke onder selfs verdere druk plaas, en, by uitbreiding, globale implikasies hê. Die doel van die verhoging is om stygende inflasie te tem wat Westerse lande op hol het en ekonomiese groei gestuit het. Selfs meer finansiële onrus kan volg aangesien die Fed later vanjaar nog ‘n verhoging voorspel. Dìt volgens Timur Fomenko, ‘n politieke ontleders.

Die besluit is ‘n teken van die tye waarin ons leef. In die Westerse wêreld is die ekonomiese “goeie tye” al ‘n paar jaar reeds verby. ’n Reeks opeenvolgende krisisse, wat waarskynlik in 2008 begin het, het die struktuur van Westerse ekonomieë ernstig beskadig. Hulle het nog nooit werklik herstel nie, en het uiters ongewilde besuinigingsmaatreëls afgekondig, rykdom-ongelykheid laat groei en verbruik verminder. As die wêreldwye finansiële krisis van 2008 een keerpunt was, dan was die Covid-19-pandemie nog ‘n ander. Die bloeijare is verby en met die nuwe geopolitieke omgewing wat die VSA uitgekap het, is dit twyfelagtig of ‘n era van stabiliteit, voorspoed en sekerheid binnekort sal terugkeer.

Die huidige globale ekonomie is gebou op ‘n neoliberale kapitalistiese stelsel, wat deur die VSA en die dollar oorheers is. Hierdie stelsel, gebou op die ekonomiese beleid van Ronald Reagan en Margaret Thatcher, het sy huidige vorm vanaf die 1960’s regdeur tot die 1980’s gekonsolideer. Ons kan dit dalk verstaan as ‘n “finansieel-sentristiese” model van oop markte wat regulering teengestaan het en globalisering bevorder het. Dit het geglo ideologiese verandering kan gekonsolideer word deur die uitvoer van kapitalisme, wat gesien is as om “die evangelie te verkondig” aan die kommunistiese wêreld wat besig was om ‘oop te maak’, en dat dit deel was van die proses om post-Sowjet-Rusland en China destyds te “integreer” in die “Westerse waardestelsel”.

Hierdie ekonomiese model het grootskaalse ekonomiese en maatskaplike omwenteling in Westerse lande veroorsaak, dit van nywerheidsontwikkelingspotensiaal ontneem het en “agtergeblewe streke” geskep. Die relatiewe politieke stabiliteit van hierdie unipolêre stelsel het egter ook ‘n tydperk van onbelemmerde ekonomiese groei ingelui wat, behalwe vir een klein resessie in die 1990’s, ‘n era van voorspoed was. Dit was totdat 2008 alles belemmer het. Die wêreldwye finansiële krisis was ‘n sistemiese politieke en ekonomiese keerpunt vir die neoliberale bestel. Die uitkoms van daardie resessie, en die skuld- en besuinigingskrisisse wat gevolg het, het beteken dat sommige lande, soos Italië en Griekeland, nooit werklik herstel het nie.

Die daaropvolgende impak van die 2008-resessie het politieke skokgolwe ontketen in die vorm van bewegings wat vir die heel eerste keer aspekte van globalisering begin opponeer of negatief daarop reageer het. Dit het veral Brexit in die Verenigde Koninkryk en die opkoms van Donald Trump in die Verenigde State ingesluit. Hierdie politieke ontwikkelings het gesinspeel op die realiteit dat globalisering in sy huidige vorm “net netto verloorders” gehad het en gereageer het op sosio-ekonomiese en geopolitieke veranderinge wêreldwyd wat bestaande identiteite geërodeer het en ‘n gevoel van veiligheid veroorsaak het, soos met die ekonomiese opbloei van China [alhoewel onder kommunistiese bewind] en die afnemende posisie van die Verenigde State.

Vandag is hierdie “neoliberale ekonomiese bestel” waarskynlik op sy sterfbed. Die jare van Westerse opbloei, wat in die 90’s en vroeë 2000’s geniet is, het nooit teruggekeer nie en as die afgelope paar jaar enige aanduiding is, sal dit nie binnekort gebeur nie. Die geopolitieke klimaat is nou in so ‘n posisie dat baie lande eintlik terugverlang na die dae voor globalisering.

Die ekonomiese stelsel wat die VSA eens gebou het en aangekondig het as ‘n deug om kommunistiese lande die lig van kapitalisme te wys, word nou afgetakel omdat dit beskou word dat dit nie aangepas is nie, maar  state met uiteenlopende politieke oortuigings bemagtig het. Die VSA is nou gekant teen vrye handel, teen ekonomiese integrasie tussen sy bondgenote en beide China en Rusland, en gee nie om om die wortels van die globaliseringsboom uit te pluk nie. Die antwoord is minder vrye handel, meer tariewe, meer sanksies, meer uitvoerbeheer, meer dwang om bondgenote te laat doen wat hulle wil hê, en onredelike beleggings wat aangevuur word deur geopolitiek, nie markbehoeftes nie.

Opeenvolgende Amerikaanse presidente het beweer dat, deur dit te doen, hulle die “goeie ou dae” sou terugbring en “Amerika weer wonderlik sou maak”, maar dié prentjie lyk donker. Die ekonomiese beleid van die Biden-administrasie is ‘n ramp, juis omdat dit ‘n mengsel is van geopolitieke selfgelding, hardhandige proteksionisme en katastrofiese fiskale beleid. Washington se besluit om triljoene in te spuit om die Amerikaanse ekonomie te ondersteun, ‘n oorlog [in die Oekraïene] te verleng wat ‘n lopende inflasiekrisis veroorsaak, aan te dring op ‘n groeiende ekonomiese oorlog met China, en dan gedwing word om rentekoerse verskeie kere te verhoog, ten spyte van banke wat ondergaan, is ‘n skemerkelkie van die dood. Die VSA het sy opsies drasties verklein en voortdurend gelieg dat hy die nadelige gevolge van die aksies kan hanteer.

Die goeie ou dae van Westerse welvaart is dus verby. Die neoliberale Reaganitiese ekonomiese bestel was eens die basis van globale groei, so onregverdig en ongelyk soos dit was. Maar mens kan sê dat die geopolitieke toestande wat hierdie stelsel moontlik gemaak het, nie meer teen 2023 bestaan nie. Die wêreld het verander, en dit is nie snaaks hoekom nie. Die VSA kon nie werklik die opkoms van China keer nie, al het dit sy uiterste bes probeer om dit te ontwrig; ook om die Russiese ekonomie ‘n doodskoot toe te dien, iets wat Washington-amptenare voortydig as gedoem verklaar het. Dit alles dui daarop dat Amerikaanse leierskap iets van die verlede is, dat hulle in ontkenning leef en beleid voer oor hoe hulle dink dat die wêreld “moet wees”, eerder as hoe dit eintlik “is”, en dit is gewone mense wat die rekening vir al hierdie dinge betaal.

Leave a Reply

error: Content is protected !!