Skip to main content

Verbeterde polisiesigbaarheid in en om dorpe deur die strategiese ontplooiing van polisielede, het weer uitstekende resultate opgelewer met die arrestasie van verskeie verdagtes wat in besit was van onwettige vuurwapens en ammunisie.

Die waaksaamheid van lede verbonde aan die Operation Restore het vrugte afgewerp toe hulle ‘n verdagte in Kraaifontein in hegtenis geneem het nadat hulle die afgelope naweek ‘n tuisgemaakte vuurwapen en ammunisie in sy besit gevind het. Hierdie lede was op patrollie in Boesakstraat, Wallacdene toe hulle sien dat die verdagte ‘n voorwerp agter ‘n kas indruk. By verdere ondersoek het lede gevind dat die voorwerp ‘n tuisgemaakte vuurwapen met ‘n .38-rondte in die loop was.

Die verdagte is onmiddellik in hegtenis geneem en daar is beslag gelê op die vuurwapen en ammunisie as ander bewysstukke. Die verdagte staan tereg op aanklag van die besit van ‘n verbode vuurwapen en ammunisie.

In ‘n ander onverwante voorval Saterdag het lede van Lingelethu Wes SAPD brandpuntgebiede wat bekend is vir hoë misdaadvolumes gepatrolleer, toe hulle verby ‘n wit Toyota Quantum gery het wat by die hoofhek van Joe Slovo Hoërskool, geleë te Kusasaweg, geparkeer was. Daar was net een insittende in die voertuig.

Die lede het besluit om die situasie te ondersoek, het verder met die pad op omgedraai en gesien hoe nog twee insittendes in die Quantum klim. Toe die polisielede nader aan die voertuig ry, het hulle gesien hoe die bestuurder vooroor leun en iets wegsteek. Die voertuig is deursoek en ‘n 9 mm Norinco-pistool met die reeksnommers steeds ongeskonde is ontdek. Versteekte lewendige ammunisie is ook gevind.

Die bestuurder is daarna gearresteer en aangekla vir die onwettige besit van ‘n vuurwapen en ammunisie aangesien hy nie ‘n vuurwapenlisensie of permit kon voorlê of toon nie, en ook nie ‘n redelike verduideliking vir die besit van die vuurwapen nie. Hy sal na verwagting in die Khayelitsha-landdroshof verskyn, sodra hy aangekla is.

Lede verbonde aan ons Provinsiale Anti-Bende Eenheid (AGU) het inligting oor onwettige vuurwapens opgevolg. Die operasie het hulle na ‘n adres in Libertystraat in Strand gelei het. ‘n Verdagte is by die adres ondervra en die perseel is daarna deursoek. Volgens die inligting wat die polisielede ontvang het, was onwettige vuurwapens onder die sypaadjie langs die verdagte se kamer versteek. Dié is opgelig en ‘n plastiekhouer met die drie vuurwapens binne-in versteek, is ondergronds gevind.

Lede het op die volgende vuurwapens en ammunisie beslag gelê en die verdagte gearresteer vir die onwettige besit van vuurwapens en ammunisie;

1) Een swart Austra Glock 30-pistool met reeksnommer afgevyl

2) Een silwer CZ 9 mm-pistool met reeksnommer afgevyl

3) Een silwer 9 mm kort pistool met reeksnommer afgevyl

4)15 lewendige .45 rondtes

5) Vier magasyne

Die verdagte sal na verwagting in die plaaslike landdroshof verskyn sodra hy aangekla is.

Benewens bogenoemde het lede verbonde aan Bishop Lavis Vispol daarin geslaag om 3 vuurwapens met ammunisie vir die laaste 24-uur periode terug te vind deur hul bekende brandpuntgebiede in Bonteheuwel te teiken en het drie (3) arrestasies gemaak vir die onwettige besit van vuurwapens en ammunisie.

Al drie verdagtes wat aangekeer is, is bekende bendelede waarvan 2 van 39 en 40 jaar oud aan die Amerikaners en een (40) aan die Dixie-seuns verbonde is.

Die 40-jarige Dixie Boys-bendelid (verdagte) is in besit gevind van ‘n 9mm Para-pistool met 4 rondtes ammunisie, terwyl die twee Amerikaners in besit gevind is van onderskeidelik ‘n 9mm Taurus en ‘n CZ-9mm. Albei het twee magasyne en 20 rondtes ammunisie elk in hul besit gehad. Hierdie verdagtes sal in die Bishop Lavis-landdroshof verskyn sodra hulle aangekla is.

Die Wes-Kaapse provinsiale kommissaris, lt.genl. Thembisile Patekile het die betrokke lede geloof vir hul volharding om ons gemeenskappe van die verspreiding van onwettige vuurwapens en ammunisie wat die lewensbestaan van ons kwesbare gemeenskappe in die Metropool bedreig, ontslae te raak. “Pogings sal voortduur om die veiligheid van alle inwoners van hierdie provinsie te verbeter,” het hy afgesluit.

Leave a Reply